2012 09 10 – AfriForum-tak in Margate gestig

100_0543

Die burgerregte-organisasie AfriForum het 5 September ’n nuwe tak in Margate, KwaZulu-Natal gestig, wat sy aantal takke landwyd op meer as 93 te staan bring.

AfriForum se plaaslike takke het ten doel om die gaping tussen die staat en wetsgehoorsame burgers te vul en toe te sien dat belastingbetalers selfstandig onder die AfriForum-vaandel hul grondwetlike regte beskerm.

Advokaat Carlo Viljoen is tydens die stigtingsvergadering as takvoorsitter van AfriForum Margate verkies. Volgens hom is hy gereed vir die uitdaging. “Ek sien uit daarna om, in samewerking met AfriForum, daadwerklike resultate te kry met die veldtogte wat ons gaan voer,” het hy gesê.

Een van AfriForum Margate se eerste aksies is om met die munisipaliteit oor diensleweringskwessies op die dorp te vergader.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit