2012 09 10 – AfriForum “Durban Highway”-tak gestig

100_2964

Die burgerregte-organisasie AfriForum het 5 September ʼn nuwe tak in Durban snelweg, KwaZulu-Natal gestig, wat sy huidige aantal takke landwyd op byna 100 te staan bring.

AfriForum se plaaslike takke het ten doel om die gaping te vul tussen die staat en die wetsgehoorsame burger en toe te sien dat belastingbetalers selfstandig onder die AfriForum-vaandel hul grondwetlike regte beskerm.

Chris Fourie is tydens die stigtingsvergadering as takvoorsitter van AfriForum Durban snelweg verkies. Volgens hom is hy gereed vir die uitdaging. “Ek sien uit daarna om, in samewerking met AfriForum, daadwerklike resultate te kry met die veldtogte wat ons gaan voer,” het hy gesê.

As deel van die AfriForum Durban snelweg-tak se eerste aksies, gaan hul ondersoek instel na verskeie bewerings van korrupsie in die eThekwini-munisipaliteit.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit