Die onlangse verslag van die ouditeur-generaal, wat die finansiële chaos op plaaslike regeringsvlak uitgewys het, noodsaak gemeenskappe om toenemend hul kundigheid oor munisipale finansiële kwessies op te skerp. Volgens Pieter Rautenbach, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, is dít hoekom AfriForum besluit het om Dinsdag, 11 September 2012 ʼn konferensie aan te bied.
Dié konferensie sal fokus op bestaande meganismes wat gemeenskappe kan gebruik om doeltreffend by munisipaliteite se finansiële bestuursprosesse betrokke te raak en regstellings en dissipline af te dwing indien nodig.
Sprekers by die konferensie sluit in:
-
Dayalan Pillay, die direkteur van inkomstebestuur by die Tshwane Metroraad;
-
Werner Zybrands, ʼn voormalige munisipale bestuurder, -professor en -advokaat, en ʼn bekende kundige op munisipale bestuursaangeleenthede; en
-
Maré-Lise Fourie, voormalige finansiële direkteur van die Tshwane Metroraad en dosent by die Universiteit van Pretoria.
AfriForum het reeds landswyd groot suksesse by dorpe deur sy takstrukture behaal. Voorsitters van AfriForum-takke gaan hulle suksesse tot op hede ook aan die konferensie voorhou.
Toegang is gratis. Belangstellendes kan RSVP by tarien@afriforum.co.za.













