2012 09 03 – ANC moet koste van Appèlhof-uitstel betaal

anclogo

Die Hoogste Hof van Appèl het vroeër vandag ‘n aansoek van die ANC teen ‘n beslissing van Waarnemende Regter Leon Halgryn, aangaande die berugte Skiet-die-boer-lied van Julius Malema, onbepaald uitgestel en die ANC gelas om die kostes van die uitstel te betaal.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies verwelkom die Appèlhof se besluit om die ANC met ’n kostebevel te straf.

Die ANC wou appelleer teen ‘n beslissing van Waarnemende Reger Halgryn wat geweier het om die ANC as tussenbeidetredende party toe te laat in ‘n geding oor die lied. ‘n Hofbevel is vroeër in ‘n dispuut tussen Mnr Mohamed Vawda en Mnr Willem Harmse verleen waarvolgens bevind is dat die woorde “dubula iBhunu” (Skiet die Boer/witman) ongrondwetlik was en neerkom op aanstigting om moord te pleeg.

Appèlregter Kenneth Mthiyane het gelas dat die ANC die koste van die uitstel betaal. Die ANC het vir uitstel gevra, omdat AfriForum se haatspraaksaak teen die uitgeskopte Julius Malema later vanjaar in die Appèlhof  dien. Malema het die gewraakte liedjie by verskeie geleenthede gesing.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit