2012 08 17 – Nersa ignoreer pleidooie om onreëlmatigheid te ondersoek

Dreigement

Na twee maande van pleidooie dat ʼn ondersoek na korrupsie en wanpraktyke by die Mafube Munisipaliteit ingestel word, is daar steeds geen teken van dringende stappe deur die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder van Suid-Afrika te bespeur nie.

AfriForum se Frankfort-tak het die kontrak tussen ʼn elektrisiteitsverskaffer en die munisipaliteit bevraagteken ná tariewe ʼn skerp toename getoon het vir onder meer nuwe aansluitings vir krag aan besighede. Daar is ook geen eenvormige beleid waarvolgens die verskaffer sy kostes bereken nie, soos dit blyk uit kwotasies wat aan AfriForum gestuur is. 

Die tariewe val skynbaar nie binne Nersa-beleid nie, en talle versoeke om ʼn vergadering tussen AfriForum, die verskaffer en Mafube Munisipaliteit het net op dowe ore geval.

Die voorsitter van die AfriForum Frankfort-tak is onlangs, na ontbloting van die wanbedrywe, met ʼn simbool van geweld gedreig: hy het ‘n dooie diertjie op sy grasperk met ʼn strik om die keel en ʼn bottel oor sy kop gevind. (Sien die foto aangeheg) Dit is onduidelik oor wie die dreigemente maak, maar dis duidelik dat iemand nie wil hê AfriForum moet die wanpraktyke ontbloot nie.

AfriForum sal nou met drastiese stappe die partye tot ʼn vergadering moet dwing omdat dit nou wil voorkom of die elektrisiteitverskaffer en Mafube Munisipaliteit kop in een mus is.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit