2012 07 20 – AfriForum se nuwe kommunikasiemedium, Draadloos

oorfone

Die burgerregte-organisasie, AfriForum spog met ʼn nuwe kommunikasiemedium, Draadloos.

Draadloos sal byna soos ʼn internetgebaseerde radiostasie funksioneer om AfriForum-lede en die publiek op ʼn kort, kragtige, interessante en informatiewe wyse van gebeure in die AfriForum-kraal en algemene aktuele onderwerpe op hoogte te bring.

Esmarie Prinsloo, AfriForum se hoof van mediaskakeling, sal Draadloos bestuur en as hoof-anker onderhoude behartig, terwyl AfriForum se woordvoerders as omroepers ingespan sal word.

“Ons is dankbaar dat ons die dienste van ʼn ervare voormalige SAUK-joernalis kon bekom om as aanbieder te verseker dat die inhoud van Draadloos van die hoogstaande gehalte sal wees,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Onderwerpe wat bespreek sal word, sluit onder meer AfriForum se veldtog teen plaasaanvalle, ʼn voorgestelde mynontwikkeling by die Pilanesberg Nasionale Park en die benarde situasie in Pelgrimsrus in. AfriForum sal ook elke Vrydag ʼn joernalis van die week aanwys wat afskop met SAUK Radionuus se joernalis, Liela Magnus.

Kom kuier by Draadloos deur elke dag om 12:00 by www.afriforum.co.za op die draadloos te klik om vars klanksnitte in ʼn japtrap te luister.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit