AfriForum gaan ʼn verslag oor haatspraak en ander polariserende uitsprake wat sedert die verkiesing van Jacob Zuma as staatspresident deur senior ANC-verteenwoordigers gemaak is aan die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile oorhandig. Hierdie verslag sal by die departement van kuns en kultuur se National Social Cohesion Summit oorhandig word.
Die bevordering van vreedsame naasbestaan en wedersydse erkenning en respek tussen verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika is een van die beginsels waarop AfriForum geskoei is. Dit is ook die rede waarom AfriForum aan die beraad sal deelneem.
AfriForum se standpunt is dat vreedsame naasbestaan in Suid-Afrika slegs gerealiseer kan word indien die ANC hand in eie boesem steek deur rassistiese uitsprake onder eie geledere stop te sit.













