2011 01 19 – Gelykheidshof straf Malema met kostebevel

stop-malema-Banner 3

Die Gelykheidshof in Johannesburg het vandag vir Julius Malema met ʼn kostebevel gestraf omdat hy versuim het om ʼn verweerskrif op die datum soos deur die hof gelas, af te lewer.

Malema moes op 30 November 2010 reeds sy verweerskrif in die Gelykheidshofverrigtinge wat deur AfriForum ingestel is, afgelewer het, maar het ten spyte van verskeie aanmanings versuim om dit te doen.

Regter Colin Lamont het vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gelas dat Malema sy verweerskrif binne drie dae aflewer en het voorts beveel dat Malema die verspilde regskostes van AfriForum, wat die kostes van ʼn junior en ʼn senior advokaat insluit, betaal.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het in reaksie verklaar dat Malema die boodskap moet kry dat hy nie bo die reg verhewe is nie.

Die verhoor in die saak sal vanaf 11 April 2011, met of sonder Malema se verweerskrif, voortgaan.

Afriforum sal sy openbare veldtog voortsit om nasionaal steun te werf teen Malema se haatspraak.

Filiale

  • AfriForum 911
  • AfriForum Jeug
  • BlyNet
  • Helpende Hand
  • Kom Huistoe-Veldtog
  • Placement Partner
  • Sol-Tech
  • Solidariteit